Mao Zedong 毛泽东 | |
Mao Zedong in 1959. | |
1ste Voorsitter van die Sentrale Komitee van die Kommunistiese Party van China
| |
Ampstermyn 19 Junie 1945 – 9 September 1976 | |
Vise | Liu Shaoqi Lin Biao Zhou Enlai Hua Guofeng |
---|---|
Voorafgegaan deur | Hyself (as Sentrale Politburovoorsitter) |
Opgevolg deur | Hua Guofeng |
1ste Voorsitter van die Sentrale Politburo van die Kommunistiese Party van China
| |
Ampstermyn 20 Maart 1943 – 24 April 1969 | |
Voorafgegaan deur | Zhang Wentian (as Sentrale Komitee se algemene sekretaris) |
Opgevolg deur | Hyself (as Sentrale Komitee se voorsitter) |
1ste Voorsitter van die Kommunistiese Party se Sentrale Militêre Kommissie
| |
Ampstermyn 23 Augustus 1945 – 1949 | |
Ampstermyn 8 September 1954 – 9 September 1976 | |
Voorafgegaan deur | Amp geskep |
Opgevolg deur | Hua Guofeng |
1ste Voorsitter van die Nasionale Komitee van die Chinese Volk se politieke Raadplegende Konferensie
| |
Ampstermyn 21 September 1949 – 25 Desember 1954 | |
Voorafgegaan deur | Amp geskep |
Opgevolg deur | Zhou Enlai |
Erevoorsitter van die Nasionale Komitee van die Chinese Volk se politieke Raadplegende Konferensie
| |
Ampstermyn 25 Desember 1954 – 9 September 1976 | |
Voorafgegaan deur | Amp geskep |
Opgevolg deur | Amp afgeskaf |
1ste Voorsitter van die Volksrepubliek China
| |
Ampstermyn 27 September 1954 – 27 April 1959 | |
Vise | Zhu De |
Eerste minister | Zhou Enlai |
Voorafgegaan deur | Amp geskep |
Opgevolg deur | Liu Shaoqi |
Lid van die Nasionale Volkskongres
| |
Ampstermyn 15 September 1954 – 18 April 1959 | |
Ampstermyn 21 Desember 1964 – 9 September 1976 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 26 Desember 1893 Sjaosjan, Hunan, Qing-dinastie |
Sterf | 9 September 1976 (op 82) Beijing, Volksrepubliek China |
Politieke party | Kommunistiese Party van China |
Eggenoot/-note | Luo Yixiu (1907–1910) Yang Kaihui (1920–1930) He Zizhen (1930–1937) Jiang Qing (1939–1976) |
Kind(ers) | 10 |
Religie | Geen (Ateïs) |
Handtekening |
Mao Zedong (Chinees: 毛泽东; ou Afrikaanse spelling: Mao Tse-toeng; 26 Desember 1893 – 9 September 1976) was 'n kommunistiese Chinese politikus en partyleier. Hy was vanaf die stigting van die Volksrepubliek China in 1949 tot en met sy dood in 1976 die leier daarvan. Hy het op 1 Oktober 1949 president van die Volksrepubliek China geword.
Sedert die stigting van die Kommunistiese Party van China in 1921 was hy een van die leiers van die Chinese Revolusie. In 1935 het hy voorsitter van die party geword. Sy opvatting van Marxisme (Maoïsme) het daarna steeds meer die amptelike beleid van die party geword. Die persoonlikheidsverheerliking van Mao het tydens sy leeftyd al groteske vorme aangeneem.
Mao Zedong was die oudste seun uit 'n arm boeregesin wat in die omgewing van Changsha, die hoofstad van Henan in Sentraal-China, 'n lappie grond besit het. Sy vader was outoritêr en sy moeder 'n saggeaarde en gelowige Boeddhis. Die modernistiese klimaat van Henan het daartoe bygedra dat Mao op 7-jarige leeftyd reeds die laerskool bygewoon het. In daardie tyd was dit vir 'n boereseun eerder die uitsondering as die reël.
Hy word ook soms "Voorsitter Mao Zedong" genoem, omdat hy van 1935 die voorsitter van die Kommunistiese Party van China was. Sy Marx-Leninistiese teorieë, militêre strategieë en politieke beleid is gesamentlik bekend as Marxis-Lenenis-Maoïsme (dikwels verkort tot Maoïsme).
Mao was 'n omstrede figuur, en tog word hy as een van die belangrikste individue in die moderne geskiedenis van die wêreld beskou.[1] Hy het hoë aansien in die Volksrepubliek China geniet. Sy ondersteuners het hom as 'n groot leier beskou en groot prestasies aan hom toegedig, insluitende die modernisering van China en die uitbouing daarvan as 'n wêreldmag, die bevordering van die status van vroue, die verbetering van onderwys en gesondheidsorg, die verskaffing van universele behuising en 'n verhoogde lewensverwagting omdat China se bevolking gedurende sy leierskap van ongeveer 550 miljoen tot meer as 900 miljoen gegroei het.[2][3] Maoïste besing ook die rol wat hy as teoretikus, staatsman, digter en 'n visioenêre leier gespeel het.[4]
In teenstelling hiermee word hy deur historici en kritici beskryf as 'n diktator wat stelselmatig menseregte geskend het en wie se leierskap gelei het tot die dood van 40 miljoen tot 70 miljoen mense as gevolg van hongersnood, dwangarbeid en teregstellings.[5][6][7] Dit is die meeste mense wat tot op hede in vredestyd om die lewe gebring is, selfs meer as wat deur Hitler of Stalin se beleid veroorsaak is.
Mao's responsibility for the extinction of anywhere from 40 to 70 million lives brands him as a mass killer greater than Hitler or Stalin, his indifference to the suffering and the loss of humans breathtaking